Eksentrisiteit (wiskunde)

Alle tipes keëlsnitte, gerangskik volgens stygende eksentrisiteit. Let daarop dat kromming afneem met eksentrisiteit, en dat nie een van die krommes mekaar sny nie.

In wiskunde is die eksentrisiteit, aangedui met e of , 'n parameter geassosieer met elke keëlsnit. Dit kan gesien word as 'n meting van hoeveel die keëlsnit van die sirkelvorm afwyk.

In besonder,

  • Die eksentrisiteit van 'n sirkel is nul.
  • Die eksentrisiteit van 'n ellips wat nie 'n sirkel is nie is groter as nul maar kleiner as 1.
  • Die eksentrisiteit van 'n parabool is 1.
  • Die eksentrisiteit van 'n hiperbool is groter a 1 maar minder as oneindig.

Verder is twee keëlsnitte soortgelyk as en slegs as hulle dieselfde eksentrisiteit het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy